
Gimmies het die afgelope naweek met beide hulle 1ste XI en hulle
o.15A spanne goeie oorwinnings teen Montana behaal.
Veral die o.15s het bo hulle gewig gespeel om Montana te klop wat voor die kragmeting met die Potchefstromers in 16 wedstryde onoorwonne was. Gimmies se 1ste XI het besluit om eerste te kolf en het weer goed begin, waar hulle 63/0
was na 7 beurte. Volgens Jandré Jacobs, direkteur van krieket, het dié span hulle self onder druk gesit nadat hulle twee vinnige paaltjies verloor het om na 9 beurte op 65/2 te staan. Die Potchefstromers, en veral Ulrich Botha 67(69) het die span op ‘n verdigbare 229/10 na 42.5 gekry. Gimmies se bouaanval het vir Montana totaal domineer, hulle is vir 117 almal uitgehaal. Bennet Keet se besonderse syfers van 3/9 was die gif in die angel vir Gimmies, wat die
wedstryd met 112 lopies wen.