Local news

Jong swemmer palm medaljes in

Jadon het merkwaardige prestasies behaal.

Jadon Seymore, ‘n graad drie-leerder van Laerskool M.L. Fick en lid van die NWU Junior Swimming Club, het onlangs sy provinsie met trots verteenwoordig tydens die Interprovinsiale 4+1 Gala.

Die agtjarige swemmer het drie provinsies – Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes – teen mekaar laat meeding in ‘n opwindende swemkompetisie. Jadon het ‘n merkwaardige prestasie behaal deur ‘n derde plek in die 50m Vlinderslag te verower.

Jadon het ook op 14 Februarie, vier goue medaljes in 75m, 25m vlinderslag, 25m rugslag en 25m borsslag by die NWS Junior Series Gala opgeraap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button