Local news

Dagga-laboratorium saak nie op rol geplaas

Dié saak is volgens die Nasionale Vervolgingsgesag nie op die rol geplaas nie.

Die saak waarin ‘n dagga-laboratorium onlangs by ‘n huis op die Wilgeboom-plotte ontdek is, is nie op die hofrol geplaas nie.

‘n Klopjag het tot die ontdekking van ‘n hidroponiese dagga-laboratorium in Potchefstroom gelei. Die polisie het 7 Maart op ‘n daggafabriek by ‘n huis op die Wilgeboom-plotte toegeslaan nadat hulle inligting ontvang het.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê ‘n lasbrief is omstreeks 09:00 Vrydagoggend uitgereik. “Op die perseel is ‘n kweekhuis, daggabome, masjinerie en dagga in verskillende vorms opgespoor. Daar is ook op ammunisie en ‘n pofadder beslag gelê. ‘n Spesifieke chemikalieë om ander dwelms te vervaardig is ook gevind.”

Inligting oor die hoeveelheid dagga, daggabome en ammunisie is nie in hierdie stadium beskikbaar nie, maar ’n forensiese span is nog besig om die toneel te verwerk.

‘n Man (38) en sy vrou (36) is op die toneel in hegtenis geneem. Die paartjie was veronderstel om 10 Maart in die Potchefstroom-landdroshof op aanklag van die onwettige besit van ammunisie asook die kweek en handel in dagga te verskyn.

Dié saak is volgens die Nasionale Vervolgingsgesag nie op die rol geplaas nie.

Sivenathi Gunya, die kommunikasiebeampte by die Noordwes-afdeling van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die aanklaer het die dossier deurgelees en met verskeie getuies gekonsulteer nadat die deursoeking en beslaglegging uitgevoer is. Daar is daarna besluit om nie die saak op die rol te plaas nie. Die rede is dat daar prosedurele kwessies in die ondersoek van die saak is, wat die regverdigheid van die verhoor wesenlik sal beïnvloed. ‘n Ondersoek duur voort.

Lees die vorige artikel hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2025/03/07/klopjag-onthul-dagga-fabriek-in-potchefstroom/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button