Local news
Emmies vernoem gelukbringer na voormalige hoof
Na ‘n lang, opwindende afwagting en baie raaiskote, het Emmies tydens hulle onlangse Colour run, koedoe se naam bekend gemaak.

Laerskool M.L Fick het in Februarie die publiek die kans gegee om hul nuwe gelukbringer, ‘n koedoe, se naam te probeer voorspel.
Na ‘n lang, opwindende afwagting en baie raaiskote, het Emmies tydens hulle onlangse Colour run, koedoe se naam bekend gemaak. Koedoe, wat nou amptelik Jasper heet, het sy eerste amptelike verskyning by die Colour Runbyeenkoms gemaak.
“Hy was ‘n groot treffer en almal was baie opgewonde om sy hand te skud en foto’s te neem. Ons kan dan ook bekend maak dat hy amptelik Jasper heet. Hy is vernoem na Mnr. Jasper Venter, die voormalige skoolhoof van Laerskool M.L. Fick, wat diep spore in die Emmies sowel as die Potchefstroom gemeenskap getrap het,” het die skool in ‘n verklaring gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.