Local news
Polisie monitor situasie op N12
Die pad is nog oop, maar inwoners is gevra om paraat te wees.

‘n Sterk polisieteenwoordigheid is vandag, 17 Maart, op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp ontplooi.
Die pad is nog oop, maar inwoners is gevra om paraat te wees. Vanoggend het ‘n groep betogers bande op die pad aan die brand gesteek. Die polisie het reageer en die bande van die pad verwyder.
Hulle is tans nog op die toneel. Die betogings hou glo verband met ‘n streeks betoging wat vir vandag beplan was. Uit sommige areas kon kinders nie by die skool kom, omdat daar nie vervoer was nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



