Local news

Chaos in staatskliniek toe man aangeval word

Die slagoffer is per ambulans na die hospitaal geneem.

‘n Onbekende man is 14 Maart deur ‘n ander man in die Promosa kliniek aangeval.

Volgens ‘n werknemer by die kliniek, het ‘n man wat in die straat gesteek is, hulp by die kliniek kom soek, toe die verdagte met ‘n wapen die kliniek binnekom.

Hy was opsoek na die slagoffer en het hom glo met die wapen rondgejaag om hom weer te probeer steek, maar sekuriteit het daarin geslaag om hom weg te jaag terwyl die slagoffer hulp ontvang het.

Die verdagte het ‘n tweede keer die kliniek betree. Hy is van die perseel verwyder en die slagoffer is per ambulans na die hospitaal geneem.

Kaptein Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, sê die saak is nie by die polisie aangemeld nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button