Local news

Grondpad seeroog vir inwoners

ALS is tans besig om ‘n industriële park te ontwikkel en het die plaveisel opgelig sodat ‘n riool en waterlyn ingesit kan word.

Die grondpad op die hoek van Malva -en Richardsonstraat veroorsaak ‘n groot kopseer vir inwoners. Die pad is glo onrybaar.

Anné van Onselen, DAraadslid, sê die pad was nog altyd ‘n grondpad.

“Twee jaar gelede het ons die munisipaliteit gevra om die hoek van die grondpad by die stop te plavei, want om dit te teer sou nie werk nie aangesien daar geen stormwater afvoer is nie. Die water wat opdam veroorsaak dan slaggate. Hulle het daardie hoek baie mooi plavei en als was reg. Die res van die pad was egter steeds ‘n grondpad.”

ALS is tans besig om ‘n industriële park te ontwikkel en het die plaveisel opgelig sodat ‘n riool en waterlyn ingesit kan word. Daar moet egter steeds stormwater pype ingesit word voor die plaveisel weer teruggesit kan word.

“In November 2024 by die laaste raadsvergadering, is ooreengekom dat die munisipaliteit die stormwaterpype sal voorsien asook die arbeid, sodat ALS die stormwater afvoerpype kan lê voordat daardie gedeelte weer netjies geplavei word. Dit maak nie sin om die plaveisel in te sit net om dit weer op te grawe sodat die stormwaterpype later gelê kan word nie. Dis nie koste-effektief nie,” vertel Anné.

Anné gaan voort om te sê dat die munisipaliteit het laat weet dat hul pype in voorraad in Ventersdorp het.

“Tot op hede is die pype nog nie na Potchefstroom toe gebring nie. Dit blyk dat die munisipaliteit verwag dat ALS die pype moet gaan haal in Ventersdorp. Dit was nie die oorspronklike reëling gewees nie. Ek is besig met die paaie-afdeling se bestuurder om dit te probeer uitsorteer.”

Navraag is by die plaaslike munisipaliteit gedoen, maar geen terugvoer is ten tyde van die publikasie ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button