Local newsSport

Gimmies se hokkiespanne vermorsel Anker

Gimmies het die Brakpanners behoorlik laat les opsê.

Die hoogtepunt van Gimmies se laaste NWU-reeks groep wedstryd teen Die Anker van Brakpan was beslis die skool se hokkie uitslae.
Die wedstryde het op 15 Maart plaasgevind.
Gimmies het die Brakpanners behoorlik laat les opsê, met die eerste dogtersspan, wat 9-0 gewen het, terwyl die seuns
10-1 koning gekraai het. Gimmies se netbal dogters het ook goed presteer om die Oos-randers, met 38-10 te klop.
Die twee skole se rugby kragmeting was andersom waar Gimmies 50-10 verloor het. Volgens Regardt Kleingeld, direkteur van Rugby by Gimmies, was dit ‘n moeilike twee dae vir die span, die Potchefstromers het verlede week Woensdag Klerksdorp toe gereis, waar hulle ‘n taai wedstryd teen Wesvalia gespeel het. Die Saterdag moes hulle Brakpan toe reis om ‘n sterk Anker span ook aan te vat.
“Ek het ‘n paar ouens laat rus vir die wedstryd teen die Anker. Die seisoen is nog lank en ons wil hê dat hulle op hul beste moet wees vir die liga. Die NWU reeks is baie goeie voorbereiding vir die Noordvaal liga, wat ons fokus is vanjaar. Dit is nooit lekker om te verloor nie, maar hierdie moeilike wedstryde gaan vir ons jonger spelers veral, baie beteken wanneer die liga begin,” het Kleingeld gesê.
Volgens hom het hy ‘n paar spelers bietjie in die diep kant gegooi om te sien hoe hulle dit hanteer.
“Ek is trots op veral die
graad 11-spelers wat hulle man gestaan het,” het hy bygevoeg.
Gimmies het ‘n loslootjie vir die kwartfinaal aangesien daar net drie spanne in die ander poel is.
“Die ouens kan nou lekker rus, dan speel ons eers weer volgende kwartaal,” het Kleingeld gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button