Local news

Toestand van begraafplaas ‘n skande

Navraag oor die toestand van die begraafplaas is by die plaaslike munisipaliteit gedoen.

Die bosse by Potchefstroom se begraafplaas staan amper net so hoog soos die grafte. Die toestand van die begraafplaas laat inwoners ongemaklik en onveilig voel om hulle geliefdes se grafte te besoek.

Wilma Volschenk, ‘n inwoner van Potchefstroom, wat elke week sowat 35 grafte daar moet gaan skoonmaak, sê dit is baie onveilig en ‘n skande dat die plek so lyk.

“Daar loop soms net een man rond met ‘n onkruidvreter. Dit maak feitlik geen verskil nie. Ek vermoed die munisipaliteit wag dat die bosse droog word sodat hulle dit net weer kan brand.”

Navraag oor die toestand van die begraafplaas is by die plaaslike munisipaliteit gedoen.

Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit is net in hierdie stadium besig en sal so spoedig moontlik aandag aan die probleem gee.

Munisipale werker wat gras met ‘n
onkruidvreter sny.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button