Local news

Rooy Food Market en Helena Hettema wag die naweek vir jou

Helena Hettemais 'n aktrise, sangeres en liedjieskrywer van Sonkring faam.

Die Rooy Food Market & Car Boot Sale vind hierdie Sondag, 30 Maart vanaf 10:00 tot 15:00 by die Van Rooyen Saal in Piet Bosmanstraat plaas. Dit is egter nie net ‘n gewone mark hierdie week nie. Jy kan Sondag na die lieflike stem van Helena Hettema, aktrise, sangeres en liedjieskrywer van Sonkring faam, gaan luister. Sy sing in Afrikaans, Frans, Nederlands, Flaams en Italiaans.

Tye van Helena se optrede:

  • 10:45 – 11:25
  • 12:20 – 13:00
  • 13:40 – 14:00

Toegang is gratis en daar sal grenadella gin ‘on-tap’ wees. Troeteldiere is ook welkom.

Kindervermaak:

  • Verskeidenheid speletjies vir die kinders.
  • Bring die kinders. Daar sal ‘n Bubble House vol ballonne wees waarin hulle kan speel.

Nuwe uitstallers om na uit te sien soos:

  • Dough_Bru.
  • Kleinkraal Suiwel.
  • Hecate’s Bakery.
  • Oom Dave’s Suid Afrikaans Texan Styl Gerookte Lekkernye, onderandere, lekker braai broodjies en lekker oxtail.
  • En nog vele meer om na uit te sien!

Verskeie Produkte wat verkoop word:

  • Indiese kosse deur Sumis Kitchen.
  • Vars kruie en speserye te koop.
  • Lekker nageregte te koop.
  • Mini doughnuts beskikbaar.
  • Tuisgemaakte Chillie souse deur Oupa Allie.
  • Burgers te koop.
  • Verskeidenheid Jaffels.
  • Geurige koffie beskikbaar.
  • Tradisionele pannekoek te koop.
  • Outydse lewerkoekies.
  • Vars koekies.
  • Beskuit.
  • Tuisgemaakte souse.
  • Tuisgemaakte konfyte te koop.
  • Geurige Kerrie en rys.
  • Maleise Lamskerrie.
  • Beesstert met stampmielies of groente.

 Crafts:

  • Model karretjies te koop.
  • Houtmodelle & Kralewerk.
  • Soft Toys te koop.
  • Verskeidenheid klere te Koop.
  • Verskeie vetplante wat daar sal wees deur Vaal Vetties.
  • En vele meer.

Skakel Tania by 079 9182092 vir enige navrae oor stalletjies of per epos: hullabaloo.decorhire@gmail.com.

Facebook page – Rooy Food Market

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button