NWU vanaand in moet wen stryd teen UJ
Die wedstryd tussen UJ en die NWU skop om 19:00 op die Fanie du Toit sportgronde af.

Die NWU Arende gaan vanaand teen UJ in ‘n moet wen stryd vir albei spanne kragte meet.
Die Arende is tans op 11 punte in 5de plek en ‘n bonuspunt oorwinning sal hulle hoop vir die halfeindstryd ‘n groot hupstoot gee. UJ aan die ander kant is tans in 6de plek met 8 punte.
“Dit gaan ‘n massiewe stryd wees,” het Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die NWU, gesê.
Shimlas en Ikeys pak mekaar ook vanaand aan. ‘n Wen vir Ikeys veral, sal die NWU baie help as die Potchefstromers daarin slaag om met vyf punte teen Jonathan Mokuena se troepe te kan wegstap.
Die wedstryd tussen UJ en die NWU skop om 19:00 op die Fanie du Toit sportgronde af.
Die span wat vanaand teen UJ gaan opdraf: 15. Luan van der Walt; 14. Naiden Jaarts, 13. Matthew Fortuin, 12. Isrome Phatudi, 11. Joubert Schoeman; 10.MJ Mostert 9.Sanele Zunghu; 8.Sean Roulson, 7. Tian van Zyl, 6. Guhan du Bois, 5. Tsepo Tlaka, 4.Stephan Krugel, 3. Ntobeko Shezi, 2. Chyle van Zyl 1.Alethwa Buthelezi