Begraafplase moontlik voor Paasnaweek skoon

Die instandhouding van begraafplase het agterweë gebly weens hoë reënvalpatrone.

Die Herald het verlede week berig oor die toestand van die Potchefstroom begraafplaas wat inwoners ontstel en ook onveilig laat voel wanneer hulle, hulle geliefdes se grafte besoek.

Die bosse by dié begraafplaas staan amper net so hoog soos die grafte.

Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, sê die instandhouding van begraafplase het agterweë gebly weens hoë reënvalpatrone.

“Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit reageer vinnig op die publieke oproer oor die toegegroeide begraafplase in beide die Potchefstroom- en Ventersdorp-streek. Die skoonmaakprogram het verlede maand in Februarie by die Ikageng-begraafplaas begin. Ons hoop om alle begraafplase voor die Paasvakansie skoon te maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button