Local news

Weerwaarskuwing vir Noordwes uitgereik

Mense word herinner om weg te bly van lopende water.

’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms en oorstromings is vir vandag vir die Noordwes uitgereik.

Erge donderstorms wat lei tot swaar reënbuie, plaaslike oorstromings, sterk skadelike winde en oormatige weerlig word vir groot dele van die land verwag.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën vir die res van die week voorspel.

Motoriste word herinner om die weer dop te hou vir enige veranderinge en om laagliggende brûe te vermy. Mense word herinner om weg te bly van lopende water.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button