Local news
Weerwaarskuwing vir Noordwes uitgereik
Mense word herinner om weg te bly van lopende water.

’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms en oorstromings is vir vandag vir die Noordwes uitgereik.
Erge donderstorms wat lei tot swaar reënbuie, plaaslike oorstromings, sterk skadelike winde en oormatige weerlig word vir groot dele van die land verwag.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën vir die res van die week voorspel.
Motoriste word herinner om die weer dop te hou vir enige veranderinge en om laagliggende brûe te vermy. Mense word herinner om weg te bly van lopende water.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.