‘n Waterlek weens ‘n gebarste pyp in Soetdoringstraat, Potchefstroom is na twee maande steeds vir inwoners ‘n kopseer.
Alta Pretorius, ‘n inwoner van die straat, sê dit pyp het twee maande gelede al gebars.
“Ons het die munisipaliteit in kennis gestel, maar sover het niks nog gebeur nie. Die water loop aanhoudend. Dit is al so ‘n gemors voor die ingang van huise. Dit is regtig ‘n groot vermorsing van water. Daar sal dringend iets daaraan gedoen moet word,” het Pretorius gesê.
Navraag is by die plaaslike munisipaliteit gedoen, maar ten tyde publikasie, is geen terugvoer ontvang nie.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



