Local news

Wetsontwerp sal privaat sekuriteit lam lê

"Die realiteit is dat die polisie nie dadelik sal kan instaan vir wat privaatsekuriteit tans in die land doen nie,"

‘n Wysiging aan die Wet op Regulasie van die Privaatsekuriteitsbedryf wat onlangs deur die minister van polisie, Senzo Mchunu, voorgestel is, kan die gevolg hê dat privaat sekuriteit nie hulle kernfunksies kan verrig nie.

Maar ook, volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, die onbekostigbaar vir mense maak om van sekuriteitsdienste gebruik te maak.

Van die belangrikste in die wysiging, sluit die volgende in:

•Boeie sal gereguleer word en mag slegs gebruik word deur wagte wat spesifiek daarvoor opgelei is, ná goedkeuring deur die regulator(PSIRA).
•Sekuriteitsmaatskappye mag nie meer skoktoestelle, traan­gas, waterkanonne, sponsegranate of rubberkoeëls gebruik nie, enige wapen wat “mense kan seermaak” word verbied
•Gebruik van sulke toerusting vereis ‘n aansoek minstens 7 dae voor die tyd, onprakties in gevalle van onvoorsiene oproer of geweld
•Geen vuurwapens mag gebruik word by taxi­staanplekke, begraafplase, stadions, winkelsentrums, kerke, restaurante, hospitale of skole nie
•Sekuriteitswagte sal jaarliks fisiese én psigiese evaluasies moet ondergaan om hul geskiktheid te behou
•Slegs kontant-in-transito- en teenstropery-eenhede sal toegelaat word om semi-outomatiese wapens te gebruik
•Alle vuurwapens in die sektor sal met opsporingstoestelle toegerus moet wees

 

“As daar na die wysigings gekyk word. Sal die extra uitgawes uiteindelik op die eindverbruiker afgewentel moet word. As ‘n maatskappy byvoorbeeld 20 wapens het, en dit is ‘n klein maatskappy, wat almal opsporingstoestelle moet hê, gaan dit geld kos, wat uiteindelik deur die eindverbruiker gedra gaan word. Die industrie wat klaar amper ‘n luuksheid is, gaan homself uit die mark prys,” het Haefele gesê.

Volgens Ian Cameron, die DA se woordvoerder vir polisie, sal dié buitensporige en onwerkbare wysigings dit vir die bedryf onmoontlik maak om op noodgevalle te reageer, veral in hoërisikogebiede, en gemeenskappe aan ‘n toename in kriminele aktiwiteite blootstel.

“Hierdie mans en vroue stel elke dag hul lewens in gevaar om noodsaaklike dienste te lewer wat Suid-Afrika se gemeenskappe en infrastruktuur beskerm. Die beperking van hul reg om hulself te verdedig sal hul veiligheid en die sekuriteit van Suid-Afrikaners in gevaar stel. As ons toelaat dat hierdie wysigings in hul huidige vorm deurgevoer word, loop ons die risiko om ons vermoë om misdaad te bekamp te verminder, gemeenskappe in gevaar te beskerm en diegene te ondersteun wat hul lewens opoffer om ons te beskerm,” het Cameron gesê

Volgens hom is die realiteit dat die polisie nie dadelik sal kan instaan vir wat privaatsekuriteit tans in die land doen nie.

“Die realiteit is dat die polisie nie dadelik sal kan instaan vir wat privaatsekuriteit tans in die land doen nie. Sonder wapens en met die ekstra kostes wat maatskappye sal moet aangaan om by die wetsontwerp te hou, gaan dit uiteindelik ‘n oneffektiewe industrie word,” het Haefele gesê.

Besware en kommentaar op die wysigings moet voor 25 April na PSIRA gestuur word.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button