SportSport

“Alle wedstryde voor 10 Mei is voorseisoen”

"Ons skaaf nog aan ons spanne en sisteme om reg te wees vir Ermelo op 10 Mei,"

Gimmie se 1ste XV speel komende naweek in ‘n halfeindstryd, vir 9-12 plek in die NWU reeks.

Volgens Regardt Kleingeld, Direkteur van Rugby by Gimmies, sien hy eintlik alle wedstryde voor die Noordvaal liga begin as voorseisoen wedstryde.

“Ons skaaf nog aan ons spanne en sisteme om reg te wees vir Ermelo op 10 Mei,” het Kleingeld gesê.

Gimmies vat vir Bergsig van Rustenburg Saterdag op die NWU se C-veld om 13:20 aan.

“Ons neem nie Bergsig ligtelik op nie en hulle is ook besig om dinge reg te ruk so dit behoort ‘n baie mooi wedstryd te wees en ons voorbereiding gaan belangrik wees. Hierdie is nog ‘n wedstryd wat ons kan gebruik om voor te berei vir Noordvaal,” het Kleingeld gesê.

Bergsig is ‘n gedugte span, wat naelskraap wedstryde in hulle groep verloor het. Die manne van Rustenburg sal ‘n punt teen die Potchefstromers wil bewys.

Kleingeld se troepe was oor die vakansie op toer in Riversdal by Oakdale waar hulle goeie oorwinnings behaal het.

“Hierdie groep kan veg en sal nie ophou nie, hulle sal nie gaan lê nie en dit maak my trots, ons leuse “we not me” is waaroor dit gaan,” het hy oor die groep gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button