Francois Goosen het onlangs so goed by die SA-skole swemkampioenskappe gevaar dat hy as Victor Ludorum aangewys is.
Francois het uitstekend gevaar met vier goud en vier silwer medaljes wat vir hom die titel as die beste manlike swemmer op skole vlak in Suid-Afrika verwerf het.
Goud:
- 100m Vryslag
- 200m Vryslag
- 100m Vlinderslag
- 4 x 50m – Vryslag aflos
Silwer:
- 4 x 50m Wisselslag aflos
- 50m Vryslag
- 200m Individuele Wisselslag
- 4 x 100m – Vryslag aflos
Hierdie is ‘n besonderse prestasie wat ook deur meneer PW tydens die opening erken is. Francois is geluk gewens en meneer PW het ‘n spesiale simboliese erekleure oorhandiging gedoen deur sy baadjie aan Francois te oorhandig.
“Baie Geluk Francois, Volkies is trots op jou,” het die skool op sosiale media gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



