Herstelwerk by sinkgat vertraag
Bertus gaan ook voort om die publiek vriendelik te versoek om tot verdere kennisgewing nie die pad te probeer gebruik nie.
Die herstelwerk van die sinkgat wat oor die naweek in Eleaser- en Dwarsstraat ingeval het, word tans deur die weer vertraag.
Bertus le Roux, Wyksraadslid, sê die herstelwerk by die sinkgatterrein word tans weens oormatige reënval vertraag.
“Ons Stadsraad -spanne werk tans daaraan om groot volumes water uit die area te pomp voordat hulle kan voortgaan met die vervanging van die lekkende groot waterpypleiding, die vul en stabilisering van die sinkgat-area en die herseël van die padoppervlak.”
Bertus gaan ook voort om die publiek vriendelik te versoek om tot verdere kennisgewing nie die pad te probeer gebruik nie en eerder alternatiewe roetes te gebruik.
“Verskeie individue wat die sluiting probeer omseil het, het gisteraand in die modder op die sypaadjie vasgeval. Moet asseblief nie probeer om deur die geslote kruising te gaan nie, vir jou eie veiligheid en om verdere vertragings te vermy. Ons waardeer u begrip en samewerking terwyl die Stadsraad se spanne werk om die area veilig en so vinnig as moontlik te herstel.”







