Local news

Herstelwerk by sinkgat vertraag

Bertus gaan ook voort om die publiek vriendelik te versoek om tot verdere kennisgewing nie die pad te probeer gebruik nie.

Die herstelwerk van die sinkgat wat oor die naweek in Eleaser- en Dwarsstraat ingeval het, word tans deur die weer vertraag.

Bertus le Roux, Wyksraadslid, sê die herstelwerk by die sinkgatterrein word tans weens oormatige reënval vertraag.

“Ons Stadsraad -spanne werk tans daaraan om groot volumes water uit die area te pomp voordat hulle kan voortgaan met die vervanging van die lekkende groot waterpypleiding, die vul en stabilisering van die sinkgat-area en die herseël van die padoppervlak.”

Bertus gaan ook voort om die publiek vriendelik te versoek om tot verdere kennisgewing nie die pad te probeer gebruik nie en eerder alternatiewe roetes te gebruik.

“Verskeie individue wat die sluiting probeer omseil het, het gisteraand in die modder op die sypaadjie vasgeval. Moet asseblief nie probeer om deur die geslote kruising te gaan nie, vir jou eie veiligheid en om verdere vertragings te vermy. Ons waardeer u begrip en samewerking terwyl die Stadsraad se spanne werk om die area veilig en so vinnig as moontlik te herstel.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button