Geen bewyse van Sangoma-ritueel sê Universiteit
Die universiteit onderskryf 'n inklusiewe interpretasie en siening van transformasie, wat verskeie kenmerke van diversiteit in ag neem, insluitend ras, geslag, godsdiens en kultuur.
Die Noordwes Universtiteit (NWU) het Donderdag, 17 April in ‘n verklaring gesê geen bewyse gevind is dat ‘n Sangoma-ritueel in ‘n dameskoshuis by NWU plaasgevind het nie.
“’n Ondersoek is na die aangeleentheid van stapel gestuur, ten opsigte waarvan die uitslag soos volg was:Dat geen bewyse gevind is dat ‘n Sangoma die aand van 13 April 2025 by Eikenhof Vrouekoshuis ingebring is nie.Dat geen bewyse gevind is dat ‘n kulturele ritueel op die aangeduide tyd in Eikenhof plaasgevind het nie,” het die verklring gelui.
“Die universiteit onderskryf ‘n inklusiewe interpretasie en siening van transformasie, wat verskeie kenmerke van diversiteit in ag neem, insluitend ras, geslag, godsdiens en kultuur. Hierdie inklusiewe benadering tot godsdiens en godsdienspraktyke word konsekwent deur die NWU toegepas, mits die uitvoering van sulke praktyke voldoen aan toepaslike wetgewing en Universiteitsbeleide en -reëls. Die universiteit, ingelig deur uiteenlopende behoeftes en vereistes van verskillende godsdiensgroepe, het reeds in 2024 begin met ‘n proses om raamwerke te ontwikkel wat die gebruik van fasiliteite vir godsdiens- en geloofsdoeleindes rig.”
Die NWU bied omvattende trauma en emosionele ondersteuning deur Studenteberading en -ontwikkeling (SCD) en die Thuso Psigososiale Ondersteuningseenheid.
Hierdie dienste sluit ‘n 24/7 emosionele krisislyn in.
Huisouers, Huiskomitees en opgeleide Portuurhulpe in koshuise bied aanvanklike basiese emosionele ondersteuning en tree op as verwysingsagente na professionele dienste. In dringende of groepimpaksituasies kan noodintervensies en ontlontingsessies gereël word.
Lees die vorige berig hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2025/04/16/eff-verdedig-afrika-kultuur-na-na-sangoma-insident-by-universiteit/



