Potchefstroom begraafplaas nou netjies na munisipaliteit beloftes nakom
Die munisipaliteit het beoog om alle begraafplase voor die Paasvakansie skoon te maak.
Die plaaslike munisipaliteit het hulle woord gehou en seker gemaak Potchefstroom se begraafplaas is betyds vir Paasnaweek netjies gemaak.
Herald het einde Maart berig die bosse by Potchefstroom begraafplaas staan amper net so hoog soos die grafte. Inwoners het nie veilig gevoel om geliefdes se graftes te besoek nie.
Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, het gesê die instandhouding van begraafplase het agterweë gebly weens hoë reënvalpatrone.
Die skoonmaakprogram het in Februarie by die Ikagengbegraafplaas begin. Die munisipaliteit het beoog om alle begraafplase voor die Paasvakansie skoon te maak.
Wilma Volschenk, ‘n inwoner van Potchefstroom, wat elke week sowat 35 grafte gaan skoonmaak en een van die inwoners is wat die oorgroeide begraafplaas aangemeld het, sê die munisipaliteit het by hulle woord gehou.
“Die Potchefstroom begraafplaas lyk nou netjies. Ek wil net baie dankie sê vir die moeite wat gedoen is om dit weer so te kry.”



