Local news
Brandstof dalk goedkoper in Mei
Dit is moontlik dat die pryse sal verander met die begroting en die rand/ dollar wisselkoers.
Nuwe data van die Sentrale Energiefonds dui op ’n moontlike daling in die brandstofprys vir Mei.
Begin April was daar bekommernis dat pryse na twee maande van petrol- en dieselprysverlagings in Suid-Afrika weer sal styg.
Die prys van 93-oktaan petrol kan met 15 sent per liter daal, terwyl die prys van 95-oktaan petrol met 18 sent per liter kan daal. Die prys van 0.05%-diesel kan met 38 sent per liter daal, terwyl 0.005%-diesel 39 sent per liter kan minder kos.
Dit is moontlik dat die pryse sal verander met die begroting en die rand/ dollar wisselkoers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



