Local news

Ouetehuis kry na jare brandblussers

Verlede jaar het inwoners groot geskrik toe een van die inwoners se motor 4:00 die oggend vlam gevat het.

Inwoners van die Harmony & Immergroen aftreeoord kan nou rustig slaap nadat die aftreeoord na jare  weer brandblussers het.

Die brandblussers werk al vir jare nie meer nie. Meeste van hulle is gesteel of was vas aan die kaste geroes. Van die kaste se sleutels was weg. Die aftreeoord het ‘n tyd terug ‘n geval gehad van iemand wat ‘n pot op die stoof vergeet het. Hulle kon dit nie blus nie weens die brandblussers wat nie breik kon word nie

Verlede jaar het inwoners groot geskrik toe een van die inwoners se motor 4:00 die oggend vlam gevat het.

Fest Fire in Potchefstroom het besluit om ‘n volledige diens van 21 brandblussers en twee brandslange aan die ouetehuis te bied.

Neli Hayes (65), wie haar motor verloor het, toe dit by die ouetehuis vlamgevat het, sê sy is so dankbaar vir die mooi gebaar.

“Dankie vir die omgee en vriendelikheid teenoor ouer inwoners van Harmonie en Immergroen. Ons waardeer opreg al die werk, tyd en moeite wat in die diens en vul van ons brandblussers gedoen is. Mag God julle besigheid seën en mag hierdie besigheid voorspoedig wees en groei vir die komende jare,” het Hayes gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button