Local news

Diploma vir beide Lize en Holly

Holly, aanvanklik ‘n weggooi hond, is gered en vir meer as ‘n jaar en ‘n half opgelei om Lize se dienshond te word.

Dit was ‘n bittersoet dag op 16 April vir Lize Marais, gegradueerde van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat haar akademiese prestasie gevier het en die finale openbare verskyning van haar geliefde dienshond, Holly, daarmee saam.

Lize, wat as baba met Tipe 1-diabetes gediagnoseer is, het krag en veiligheid gevind in Holly, wat sedert 2016 haar viervoetige oppasser is. Holly, wat opgelei is om veranderinge in bloedsuikervlakke op te spoor, was meer as ‘n metgesel, sy was ‘n lewensredder.

Na ’n ernstige aanval weens lae bloedsuikervlakke, nege jaar gelede, het Lize in die hospitaal beland. Ná nog twee soortgelyke voorvalle het haar ma na alternatiewe maniere begin soek om haar te help om die toestand te bestuur—wat hulle na Holly gelei het.

Terwyl Lize haar akademiese mylpaal vier, berei sy ook voor vir ‘n nuwe hoofstuk, beide in haar onderwysloopbaan en in die verwelkoming van Nova, haar volgende dienshond in opleiding.

Die NoordwesUniversiteit het hul albei met ope arms aanvaar. Van klaskamers tot kampuslewe is Lize en Holly met begrip, vriendelikheid en onwrikbare ondersteuning ontmoet.

Holly, aanvanklik ‘n weggooi hond, is gered en vir meer as ‘n jaar en ‘n half opgelei om Lize se dienshond te word. Alhoewel haar presiese ras onbekend is, vermoed hulle sy is ‘n Samoyed-kruising.

“Ek het R50 000 vir haar betaal—fondse wat ek ingesamel het deur fudge te verkoop, wat nogal ironies is vir ‘n diabeet,” vertel Lize laggend.

Nou amper 10 jaar oud, berei Holly voor vir ‘n welverdiende aftrede. Met Nova se opleiding goed opdreef sal die begeesterde pitbull-hondjie Holly se pligte betyds oorneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button