Regina met liefde onthou
Regina was vir ongeveer 62 jaar ‘n inwoner van dié dorp.
Regina Botha (80), geliefde moeder en inwoner van Potchefstroom, is op 22 April oorlede.
Regina was vir ongeveer 62 jaar ‘n inwoner van dié dorp. Sy was ‘n weduwee nadat haar man 30 jaar terug oorlede is. Sy word deur haar vyf dogters oorleef.
‘n Gedenkdiens vir Regina is op 25 April by NG Potchefstroom – Die Bult gehou en Funeral 2000 het die begrafnis met liefde en waardigheid hanteer.
“Sy is vir altyd in ons harte. Ons gaan Ma baie mis,” het Manda Nelson, een van Regina se dogters gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



