Local news

Baillies baljaar op Wêreldboekdag

Baillies se storieboekkarakters – het die dag met kleur en fleur gevier.

Hierdie spesiale dag word elke jaar wêreldwyd op 23 April gehou. Baillies se leerlinge – of, eerder, Baillies se storieboekkarakters – het die dag met kleur en fleur gevier. Dit was heerlik, en die leerlinge het omtrent kreatief aangetrek… Gouelokkies en Die Drie Bere én selfs Charlie (van die Sjokoladefabriek) het kom gesig wys. Leerlinge kon ‘n vrywillige donasie van R20 per kind skool toe te bring om fondse vir die mediasentrum in te samel. Die leerlinge en onderwysers moes ‘n seun en dogter aanwys wat volgens hulle die beste aangetrek het. Die wenners in elke graad het met hul uitrustings op die verhoog in die skoolsaal gepronk!

Larizé de Lima en Ruan Coetzee

Die skool se kunsjuffrou, Marili, het die moeilike taak gehad om wenners in elke graad aan te wys. Natuurlik was elke leerling op die ou end ‘n wenner.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button