Hoërskool Ferdinand Postma se muurbalspelers het onlangs by die South African Country Schools’ Festival in Bloemfontein vanaf 26–29 April puik presteer.
Lua Schutte is gekies as reserwe vir die O/16 IPT-span wat aan die einde van Junie in Bloemfontein sal deelneem.
Nanja Schutte is gekies as no. 4 vir die O/19 IPT-span wat in Stellenbosch sal speel.
“Ons is ongelooflik trots op ons spelers. Baie geluk aan julle albei,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



