Local news

Gimmies weer as beste in SA aangewys

Potchefstroom Gimnasium ontvang vir die sesde keer ’n nasionale toekenning vir uitnemendheid in akademie.

Potchefstroom Gimnasium het vir die sesde keer die hoogste eer ontvang toe die Departement van Onderwys die skool as die beste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika aangewys het.

Die toekenning dien as ’n bewys van die skool se volgehoue akademiese uitnemendheid en die toewyding van onderwysers, leerders en die groter gemeenskap.

In ’n verklaring het die skool sy dankbaarheid uitgespreek teenoor almal wat tot die prestasie bygedra het: “Ons sê dankie aan die matrieks van 2024, die onderwysers, ouers en die hele gemeenskap wat saam met ons hierdie mylpaal bereik het. Hierdie toekenning is vir ons groot genade en ’n voorreg.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button