Local newsSportSport

Gimmies se O.14-span kampione na naelbyt-eindstryd

Gimmies O.14s wen 7-5 teen Jeugland in ’n spanningsvolle eindstryd waar verdediging die oorwinning gebring het.

Potchefstroom Gimnasium se O.14A rugbyspan het Saterdag vir groot opwinding gesorg toe hulle Jeugland in die eindstryd met 7–5 geklop het.

Die wedstryd was ’n naelbyter van begin tot einde en het getoon dat verdediging dikwels die verskil kan maak.

Gimmies het teen ’n fisieke Jeugland-span te staan gekom. Albei spanne het harde lopies en kragtige houe uitgedeel, maar dit was die Gimmies se verdediging wat uiteindelik die deurslag gegee het.

Die span moes egter diep delf, aangesien geelkaarte die Potchefstromers in moeilike posisies geplaas het. Tog het hulle vasgebyt en met vasberadenheid hul voorsprong behou.

Die laaste minute van die wedstryd was besonders spannend, met Jeugland wat alles ingesit het om die telling om te draai. Gimmies se verdediging het egter standgehou en verseker dat die eindtelling 7–5 in hul guns bly.

Met hierdie oorwinning het die O.14’s nie net ’n trofee ingepalm nie, maar ook hul karakter en spanwerk ten toon gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button