Volgende Vat Verniet-tafel se datum bekend
Dit is jou kans om 'n verskil te maak in die lewens van die minderbevoorreg.
Die volgende Vat Verniet-tafel sal op Saterdag, 25 Oktober in Mooirivier Beskerming se parkeer-area om 16:00 plaasvind.
“Ons wil graag reeds nou begin met die insameling van skenkings, aangesien die uitsortering baie tyd kan neem. Op dié manier het ons genoeg kans om alles mooi deur te gaan,” sê koördineerder Angelique Lottering.
Waar kan ek my skenkings aflaai?
By Mooirivier Beskerming, 48 Spruitstraat – ons is 24/7 oop, so jy kan enige tyd kom aflaai.
Wat kan ek skenk?
- Klere (vir groot en klein)
- Skoene
- Speelgoed en kinderklere
- Bybels in ander tale
- Komberse en kussings
- Nie-bederfbare kos: blikkies, pasta, rys, pap, soppoeier, sout, suiker, tee, ens.
- Broodsmeer en aanmaakkoeldrank (ideaal vir kinders wat skool toe gaan)
- Toiletware: tandepasta, tandeborsels, roll-ons, seep, shampoo, ens.
- Skoonmaakmiddels, veral seeppoeier

Trollie-dae:
Hulle beplan ook om deur September en Oktober by sekere supermarkte te staan en ’n trollie vol skenkings bymekaar te maak.
Die eerste Trolliedag is op 6 September 2025 om 10:00 by Bailliepark Spar.

“Kom lees gerus op ons Facebook-blad die harte van ons vrywilligers en leer hulle name ken – dit wys hoekom hierdie projek vir ons so spesiaal is,” gaan Angelique voort.
“Hierdie gaan die laaste Vat Verniet Tafel vir die jaar wees. Vir Desember beplan ons iets besonders rondom die Kersseisoen.”



