Bailliepark VLU skenk aan Amelia nasorgsentrum
Die dag was nie net vet pret nie, maar ook baie leersaam.
Vir Bailliepark VLU is dit altyd `n hartsbesluit om te help waar hulle kan. So probeer hulle altyd deur die jaar om by verskeie organisasies uit te kom en te help. Dit was hierdie maand Amelia Nasorgsentrum se beurt gewees.
“Ons is dankbaar vir elke persoon wat sy bydrae lewer,” het Driena Fourie, Skakelbeampte van Bailliepark VLU gesê.
“Ook het van ons dames die “Donkie projek” te Lichtenburg bygewoon wat aangebied is deur NWK wat elkejaar ons dames met vrouemaand verras en bederf. Hierdie jaar was dit hoe om `n donkie uit klei te maak. Met die aankoms was alles klaar reggesit net vir die dames om te begin.”
Die klas is aangebied deur Lilanie Schutte van Hartzgemaak Pottery.
“Sy en haar span het heeltyd tussen die dames deurgeloop en hand bygesit as daar bietjie gesukkel was. Dit was `n ongelooflike dag gewees vir die dames en hulle kon nie uitgepraat raak van die dag wat vet pret en leersaam was. Ons is so dankbaar vir NWK wat elke jaar die dames raaksien en bederf. Dankie NWK.”



