CrimeLocal news
Drie winkels by River Walk geteiken
Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.
Drie winkels in die River Walk inkopiesentrum is Sondag beroof. ‘n Onbekende aantal verdagtes het glo toegang tot die sentrum deur die dak gekry.
Sekuriteitsdienste het na die toneel gehaas, nadat van die winkels se alarms afgegaan het, maar teen die tyd wat hulle die toneel bereik het, het die verdagtes reeds gevlug. Die polisie het die toneel oorgeneem.
Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van inbraak by ‘n besigheid is geopen met betrekking tot die voorval.
“Ondersoeke na die saak is aan die gang en geen arrestasies is in hierdie stadium gemaak nie.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



