Local news

Gimmie danser haal uit en wys by Fast Forward danskompetisie

Sy word aangewys as die algehele nasionale wenner in die land met haar Open dans.

Nicoléne Minnaar, ‘n graad 11-leerder by Potchefstroom Gimnasium het op 25 Oktober aan die Fast Forward Danskompetisie in Rustenburg deelgeneem.

Sy behaal in al vier solodanse ‘n punt bo 90%, asook in haar duo met haar sussie, Wilmari. Nicoléne verwerf boonop die beker as die algehele dans wenner van die kompetisie met ‘n hoogste punt van 96%.

Daarna is sy op 30 Oktober na die Allegretto finaal waar sy by die kompetisie in die finale rondte aan vier solodanse en drie duos deelgeneem het.

Sy word aangewys as die algehele nasionale wenner in die land met haar Open dans, deur ‘n punt van 95% te verwerf. Gimmies het ook by die Allegretto se finaal op 1 November die prys gekry vir die beste kultuurskool in die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button