20 Jaar vir Potchefstroom verkragter
Diseko het die slagoffer na sy huis onder die valse voorwendsel dat hy haar sou help om haar selfoon op te spoor, gelok.
‘n Potchefstroom man is tot 20 jaar gevangenisstraf vir verkragtig en 4 jaar vir seksuele aanranding opgelê nadat hy ‘n 18-jarige meisie herhaaldelike verkrag het.
Sivenathi Gunya, kommunikasiebeampte van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwelkom die 20 jaar direkte gevangenisstraf wat deur die Potchefstrooms-streekshof aan Kaizer Abraham Diseko (31) opgelê is na sy skuldigbevinding op drie aanklagte van verkragting en een aanklag van seksuele aanranding.
“Die hof het al drie aanklagte van verkragting vir vonnisoplegging gekonsolideer en 20 jaar gevangenisstraf en ‘n bykomende 4 jaar vir seksuele aanranding opgelê. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.”
Gunya gaan voort om te sê, op 21 November 2021 in Ikageng, het die slagoffer haar selfoon in ‘n plaaslike taverne verloor. Die volgende oggend het sy met Diseko en sy vriende ontmoet en hulle meegedeel dat sy haar selfoon verloor het.
“Diseko het aangebied om die selfoon met behulp van sy skootrekenaar op te spoor, onder die voorwendsel dat hy die slagoffer na sy blyplek gelok het. Hy het toe sy vriende en die vriende van die slagoffer opdrag gegee om alkohol te gaan koop en êrens anders te gaan kuier, aangesien hy alleen wou wees terwyl hy werk.”
In Diseko se huis het die slagoffer aangedui dat sy uitgeput voel, en sy is ‘n bed aangebied om te slaap.
“Terwyl sy geslaap het, is sy wakker gemaak deur die beskuldigde wat beweer het dat hy lank reeds tot haar aangetrokke was en dat sy stil moes bly en geen geraas moes maak nie. Diseko het ‘n kluis onder die bed uitgehaal en die slagoffer meegedeel dat hy ‘n vuurwapen binne-in die kluis het en dat hy haar en homself sou doodmaak as sy weerstand bied. Hy het die slagoffer verskeie kere verkrag,” gaan Gunya voort.
“Later daardie dag het haar vriende na Diseko se plek gegaan op soek na die slagoffer, aangesien dit laat geword het en sy nog nie teruggekeer het nie. Met hul aankoms het hulle aan die deur geklop en geraas gemaak totdat die deur oopgemaak is. Die slagoffer het toe huilend buitentoe gehardloop en haar vriende meegedeel dat die beskuldigde haar verkrag het. Hulle het na die polisiestasie gegaan en ‘n saak aanhangig gemaak.”
Die beskuldigde is dieselfde dag in hegtenis geneem en later op borgtog vrygelaat.



