CrimeLocal news

KYK: Twee motorfietse in Kruisstraat gesteel

Die familie bied ‘n beloning aan vir enige iemand wat inligting kan verskaf wat tot die terugvind van die motorfietse kan lei.

Twee motorfietse is op 16 November in die vroeë oggendure uit ‘n erf in Kruisstraat gesteel. Diewe het die slot van die hek geknip.

Volgens Yolande du Toit het die verdagtes vir die inwoners se hond iets gevoer voordat hulle ongeveer ‘n uur later teruggekeer het na die woning. Die verdagtes is omstreeks 04:46 met die motorfietse weg.

“Hulle moes lank die kinders dopgehou het. Hulle het al 02:27 van Pretoriusstraat se kant gekom. Net voor 03:00 het hulle ons erf verlaat nadat hulle vir ons hond iets gegee het. Toe hulle na ‘n uur terugkeer het hulle die motorfietse oor die bure se gras gestoot, opgeklim en gery,” vertel Yolande.

Sy sê die familie bied ‘n beloning aan vir enige iemand wat inligting kan verskaf wat tot die terugvind van die motorfietse kan lei.

“My kinders se harte is baie seer. Dit is my oudste seun se vervoer werk toe gewees.”

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoorvoerder, het bevestig ‘n saak van diefstal is by die polisie aangemeld en word ondersoek.

Enige iemand met inligting kan vir Natie du Toit by 0762659520 skakel.

Kyk na die videos hier: 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button