Poging tot kabeldiefstal in sy spore gestop
Die twee is in hulle spore gestop alvorens hulle ‘n misdaad kon pleeg.
Twee mans het glo probeer om kabels te steel naby ‘n verkeerslig op die hoek van Steve Biko en Chief Albert Luthuli.
Leandro de Beer, bestuurder van die Cachet Park Verbeteringsdistrik, sê CID se CCTV-operateur het 21 November omstreeks 00:48 twee mans opgemerk wat naby die Steve Biko / Chief Albert Luthuli-verkeerslig grawe.
“Ons Cachet Park CID NPC Potchefstroom / Mooirivier Beskerming-reaksie-eenhede is onmiddellik ontbied en met hulle aankoms het hulle die verdagtes gevind wat probeer het om elektriese kabels te steel. Gelukkig was geen kabels nog afgesny nie.”
De Beer sê die twee is in hulle spore gestop alvorens hulle ‘n misdaad kon pleeg.
“Die individue is gewaarsku, en hul gereedskap is op die toneel gekonfiskeer. Dankie aan ons waaksame CCTV-operateur en vinnig-reagerende spanne vir die voorkoming van verdere skade en diensontwrigting. Bly asseblief waaksaam en rapporteer enige verdagte aktiwiteit onmiddellik.”




