Local news

Potch Dorp oorhandig donasie aan Amelia

Die Potchefstroom gemeenskap het bymekaar gekom, nie net vir ‘n lekker kuier nie, maar ook vir ‘n goeie doel.

Potch Dorp Rugbyklub en De Leeukuil het op 1 November ‘n Potjiekos- en bierfees ten bate van Amelia Nasorgsentrum gehou.

Die Potchefstroom gemeenskap het bymekaar gekom, nie net vir ‘n lekker kuier nie, maar ook vir ‘n goeie doel. Potch Dorp het ‘n bedrag van R5 100 ingesamel en dit, tesame met goedere wat deur die gemeenskap geskenk is, by Amelia afgelaai.

Die klub het sy opregte waardering uitgespreek teenoor almal wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het. Spesiale erkenning is gegee aan Ferdi Joubert, wie se toewyding ‘n belangrike rol gespeel het in die koördinering van die Potjiekos- en Biermylaktiwiteite.

Amelia Nasorgsentrum het hul dankbaarheid uitgespreek vir die vriendelikheid wat deur Potch Dorp, De Leeukuil, en elke persoon wat goedere, ondersteuning of tyd tydens die geleentheid bygedra het, getoon is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button