Potch Dorp oorhandig donasie aan Amelia
Die Potchefstroom gemeenskap het bymekaar gekom, nie net vir ‘n lekker kuier nie, maar ook vir ‘n goeie doel.
Potch Dorp Rugbyklub en De Leeukuil het op 1 November ‘n Potjiekos- en bierfees ten bate van Amelia Nasorgsentrum gehou.
Die Potchefstroom gemeenskap het bymekaar gekom, nie net vir ‘n lekker kuier nie, maar ook vir ‘n goeie doel. Potch Dorp het ‘n bedrag van R5 100 ingesamel en dit, tesame met goedere wat deur die gemeenskap geskenk is, by Amelia afgelaai.
Die klub het sy opregte waardering uitgespreek teenoor almal wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het. Spesiale erkenning is gegee aan Ferdi Joubert, wie se toewyding ‘n belangrike rol gespeel het in die koördinering van die Potjiekos- en Biermylaktiwiteite.
Amelia Nasorgsentrum het hul dankbaarheid uitgespreek vir die vriendelikheid wat deur Potch Dorp, De Leeukuil, en elke persoon wat goedere, ondersteuning of tyd tydens die geleentheid bygedra het, getoon is.



