Potch vat hande om dorp op te knap
Hulle vra vir skenkings van woestynrose of klein vetplante wat kan dien as grondbedekkers.
Potch Geesfees, tesame met die munisipaliteit se Parke-afdeling, het op 14 November die N12 middelmanne en weerskante van die N12 verfraai.
“Dankie aan elkeen wat saam met ons terugploeg! Saam knap ons Potchefstroom op. Dis heerlik om te sien hoe almal ‘n bydrae lewer om ons dorp mooi en skoon te maak,” het Potch Geesfees in ‘n plasing op sosiale media gesê.
Hulle vra vir skenkings van woestynrose of klein vetplante wat kan dien as grondbedekkers. Elke plant maak ‘n verskil in die verfraaiing van die N12-tuinprojek.
Waar om te skenk: Agter Kooperasie Kroeg & Kos – daar is reeds drie kratte gereed vir plantjies. Navrae: Leanie – 072 314 1774. Sluit aan by die WhatsApp-groep: https://chat.whatsapp.com/ KcbBpnvshh2DwRG6HmvXCf



