NewsNews

Verkeersbeampte teister glo vrou

’n Vrou is glo deur ’n verkeersbeampte geteister nadat sy op 1 Julie haar kinders uitgeneem het.

’n Vrou is glo deur ’n verkeersbeampte geteister nadat sy op 1 Julie haar kinders uitgeneem het.
Heidi Boshoff was die betrokke aand omstreeks 21:00 saam met haar seun en sy meisie op pad huis toe. Hulle is deur ‘n verkeersbeampte voorgekeer. Volgens Boshoff het die verkeersbeampte wat hulle voorgekeer het, van die begin af ’n aggressiewe houding teenoor haar gehad. Hy het haar gevra vir haar lisensie en sonder om te dink het Heidi haar lisensie, wat reeds verval het, vir die beampte gegee.
“Ek het eers besef dit is die verkeerde lisensie nadat ek dit vir hom gegee het. My nuwe lisensie was by die huis,” sê sy.
Die verkeersbeampte het vir haar gevra hoeveel sy die aand gedrink het. Boshoff se reaksie was dat sy glad nie gedrink het nie.
“Sy presiese woorde aan my was dat ek liewer moet stilbly, want hy kan my ruik en ek praat te veel,” vertel Boshoff.
“Hy het my ou lisensie geneem en by hom gehou. Hy het gesê ek moet saam met hom na die kliniek oorkant Turkstra gaan vir ‘n asemtoets en bloedtoetse. Tog weet ek dat daardie kliniek in die aand toe is,” sê sy. Die verkeersbeampte het haar gevolg tot by haar seun se meisie se huis, sodat sy die kinders kon aflaai. Boshoff het nie gemaklik gevoel om alleen saam met die verkeersbeampte na die kliniek, wat sy vermoed het toe is, te gaan nie. Sy het haar seun se meisie gevra om haar pa te roep om saam met haar te ry.
“Toe hy hoor ek vra die man om saam met my te gaan, het hy onmiddellik gevra wat doen ek nou. Die verkeersbeampte het daarna vir haar gesê dit is nie nodig vir die toetse nie en dat hy haar sal laat gaan met ‘n waarskuwing. Boshoff het daarop aangedring dat hulle toetse gaan doen, maar die verkeersbeampte het volgehou dat dit nie nodig is nie en weggery. “Ek weet nie wat hy wou doen nie, maar ek voel dat dit ten minste intimidasie is,” sê Boshoff.
*Die Herald het die stadsraad om kommentaar genader, maar met spertyd is geen reaksie ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button