Omstrede pad is nou uiteindelik oop vir publieke gebruik

Na ’n maand se wag is die gedeelte van Chief Albert Luthuli-laan wat verbreed is, oop vir gebruik.

Na ’n maand se wag is die gedeelte van Chief Albert Luthuli-laan wat verbreed is, oop vir gebruik.

Tlokwe burgemeester, rdl. Kgotso Khumalo by die gedeelte van Chief Albert Luthuli wat verbreed is. Foto: Dustin Wetdewich
Tlokwe burgemeester, rdl. Kgotso Khumalo by die gedeelte van Chief Albert Luthuli wat verbreed is. Foto: Dustin Wetdewich

Die burgemeester, rdl. Kgotso Khumalo, het die pad amptelik op 13 Julie om 16:00 vir die publiek geopen.
Die pad sou op 5 Junie klaar gewees het, maar die kontrakteur het kontantvloei probleme gehad, gekoppel aan verskeie vakansiedae waar daar ook nie gewerk kon word nie. Die stadsraad het uitstel gegee tot 7 Julie. Die pad was steeds nie klaar nie, maar die stadsraad het gevoel dat daar genoegsame vordering was dat die pad op 13 Julie oopgestel kon word. Volgens rdl. Khumalo sal die ander padtekens met tyd geverf word. “Die teer is eintlik nog te nat om op te verf, dit moet eers droog en hard word voor permanente verf aangebring kan word,” het rdl. Khumalo deur wyse van sy woordvoerder, Victor Boqo gesê.

Die hoof van verkeer, Malcolm Grimbeek het adviseer dat daar ten minste rigtingaanduidings op die pad geverf word, omdat die kruising tussen Chief Albert Luthuli- en Walter Sisulu, die plek is waar die meeste ongelukke voorkom. “Ons het ’n belofte aan die gemeenskap gemaak wat ons gaan nakom,” het rdl. Khumalo gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button