CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Student wen gesogte ontwerp-prys by modeparade

Op 23 Julie het studente in Verbruikerswetenskappe van die NWU-Pukke hul jaarlikse modeparade by die Snowflake-gebou gehou.

Op 23 Julie het studente in Verbruikerswetenskappe van die NWU-Pukke hul jaarlikse modeparade by die Snowflake-gebou gehou.
Simoné le Roux, ‘n B.Sc. Verbruikerswetenskappe student in haar derde jaar, het tydens die modeparade die Kobus Rautenbach Couture gunstelingsontwerp-prys gewen.

Simoné (in die swart rok) saam met drie modelle wat haar uitrustings vertoon het. Van links is Karin Engelbrecht (Before and After-kategorie - tweede plek), Jani le Roux (Furban-kategorie - eerste plek) en Ané Havenga (Streetware-kategorie - eerste plek).
Simoné (in die swart rok) saam met drie modelle wat haar uitrustings vertoon het. Van links is Karin Engelbrecht (Before and After-kategorie – tweede plek), Jani le Roux (Furban-kategorie – eerste plek) en Ané Havenga (Streetware-kategorie – eerste plek).

Sy het onder andere ‘n “backstage pass” na een van Rautenbach, ‘n bekende mode-ontwerper se modevertonings gewen en ‘n geskenkbewys van R2 000.
Die tema van die modeparade was Urban, met drie kategorieë.
Rautenbach, Carike Brits (tans besig met haar honneurs in B.Sc. Verbruikerswetenskappe en Maryke van Heerden van die Herald was die beoordelaars.
“Ek was regtig verbaas met die uitrustings wat die meisies ontwerp het en self gemaak het,” sê Brits.
“Studente werk aan hul ontwerpe in hul vrye tyd en het min tot geen hulp van die dosente – net nog ‘n rede waarom ek so ongelooflik verras was met die gehalte en kreatiwiteit wat gesien is in hul werk,” het Brits gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button