IN MEMORIAM : Dirk Van Schalkwyk
Dit is met groot hartseer en leedwese dat ons moet afskeid neem van Dirk van Schalkwyk. Dirk (48) is op Dinsdag 18 Augustus 2015 oorlede, nadat hy in Maart 2015 met kanker gediagnoseer is. Dirk was Bestuurder, Direkteur en Aandeelhouer van Futurum Finansiële Groep (Edms) Bpk (FFG). Sy dood laat ‘n leemte wat moeilik gevul …
Dit is met groot hartseer en leedwese dat ons moet afskeid neem van Dirk van Schalkwyk.
Dirk (48) is op Dinsdag 18 Augustus 2015 oorlede, nadat hy in Maart 2015 met kanker gediagnoseer is.
Dirk was Bestuurder, Direkteur en Aandeelhouer van Futurum Finansiële Groep (Edms) Bpk (FFG). Sy dood laat ‘n leemte wat moeilik gevul sal word.
Sy humorsin, lojaliteit, goedhartigheid en bereidheid om vir enigeen die ekstra myl te loop staan uit.
Dirk sal met liefde en deernis onthou word as ‘n opregte vriend, bekwame raadgewer, mentor, inspirasie en steunpilaar.
Vir sy vrou Anneke en kinders Andrew en Nicola, was hy ‘n liefdevolle lewensmaat en betrokke pappa. Sy vrou en kinders was sy hele lewe.
Die troosdiens vind plaas op Maandag, 24 Augustus 2015, om 11:00 vanuit die NG Kerk Potchefstroom-Oos,
Bremnerstraat 1, Potchefstroom.



