Hat-trick of the Week (20 August)
1. Die Proteas is elke klein seuntjie se held. Ek onthou die eerste keer toe ek die Proteas op televisie gesien het. Dit was in Desember 1999 in my ouers se woonkamer. Allan Donald en Shaun Pollock het Engeland se toerspan uitmekaar geboul en al wat ek gesien het was aggressie, passie, paaltjies wat trek …
1. Die Proteas is elke klein seuntjie se held.
Ek onthou die eerste keer toe ek die Proteas op televisie gesien het.
Dit was in Desember 1999 in my ouers se woonkamer. Allan Donald en Shaun Pollock het Engeland se toerspan uitmekaar geboul en al wat ek gesien het was aggressie, passie, paaltjies wat trek en landsvlae wat wapper.
Ek was soos ‘n kind wat Cadbury-sjokolade vir die eerste keer ontdek het. Wedstryd na wedstryd was ek voor die kassie vasgenael, het gejuig wanneer ons manne gewen het en hartseer gaan slaap as hulle verloor het. In 2003 het ek my geliefde Proteas in die Krieketwêreldbeker vir die eerste keer op Senwes Park teen Kenia aanskou.
Die Proteas het met 10 paaltjies gewen en ek was meer as tevrede – ek was in die wolke soos ’n soettand met ‘n boksie Lindt sjokolade. Hierdie Sondag gaan nog ‘n jong krieketaanhanger sy helde dalk vir die eerste keer in aksie sien.
Nes my ervaring op Senwes Park gaan hy of sy ook vir Dale Steyn en Hashim Amla kan skree en juig. Wie weet, dalk kry hy nog ‘n handtekening en foto ook! Potchefstroom se bloed is beslis dié Sondag Groen en Goud.
2. PSL action is coming to Potchefstroom.
Jomo Cosmos will play a historic first match against fellow Premier Soccer League newcomers, Golden Arrows at Olën Park on Sunday. The traditional rugby venue will be transformed into a football paradise with this high profile match.
This may well be a sign of good things to come for the North West and the Potchefstroom region that have long been in dire need of top-class football. The match will kick off at 15:00 on Sunday 23 August.
3. Volkies en Gimmies kan drie trofeë huis toe bring.
Hierdie naweek gebeur al die groot Noordvaal Beeldtrofee-aksie vir Grootskole by Helpmekaar Kollege in Johannesburg. Dit is dalk net so gepas, aangesien beide Volkskool se o.15’s en Gimmies se o.16’s en eerstes die hele seisoen binne spanverband mekaar op en van die veld af help om hegte rugbyeenhede te vorm.
Een ding is seker, albei skole se spanne het die talent, durf, gees, passie en liefde vir rugby. Nou moet daar net kop gehou word sodat ‘n merkwaardige driekuns behaal kan word. Geniet dit manne!



