NewsNews

NW-Universiteit sê nee vir AfriForum Jeug se planne

Die Noordwes-Universiteit stel nie belang in die 10 punt-plan van AfriForum Jeug vir die voorkoming van gewelddadige protesaksies op kampusse nie.

Die Noordwes-Universiteit stel nie belang in die 10 punt-plan van AfriForum Jeug vir die voorkoming van gewelddadige protesaksies op kampusse nie.
Prof. Johannes Froneman, raadgewer: strategiese kommunikasie van die visekanselier, prof. Dan Kgwadi, sê die Noordwes-Universiteit stel ‘n hoë premie op die veiligheid van studente en personeel op al drie kampusse en die institusionele kantoor.
Daarom word bestaande maatreëls voortdurend nagegaan en waar nodig, verbeter.
“Dit is egter heeltemal onaanvaarbaar om ons kampusse met privaat veiligheidsmense te militariseer. Prof. Kgwadi is daarom geheel en al teen AfriForum Jeug se plan gekant, as dit sou beteken dat die organisasie mense op ons kampusse wil ontplooi,” het Froneman gesê.
AfriForum Jeug se plan kom na die protesaksie by die Elsenburg Landboukollege waar studente met sambokke geslaan is.
Die Noordwes-Universiteit is een van die universiteite wat deur AfriForum geoormerk is om hul plan te bewerkstellig.
Die plan stel onder meer voor dat privaat sekuriteit op bystand geplaas word om in te gryp om na studente se veiligheid om te sien waar nodig.
“Met die toepassing van die voorkomingsplan, wil ons, sover moontlik, saam met kampusse se sekuriteit en bestuur werk, maar ons sal nie skroom om studente se veiligheid en regte self te beskerm nie,” het Henk Maree, AfriForum Jeug voorsitter gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button