
Die gemeenskap van Potchefstroom het saamgestaan om leerders van Volkies by te staan na die onlangse brand by die Jack Pauw seunskoshuis.

Verskeie besighede en ander skole in die stad het ingespring om te help toe Volkies dit die meeste nodig gehad het.

’n Gedeelte van dié koshuis is op 31 Augustus deur ’n brand verwoes.
Die meeste van die seuns het alles wat in hul kamers was in die brand verloor. Die brand is blykbaar deur ’n kortsluiting veroorsaak. Daar word nog bepaal wat die totale omvang van die skade is. Die koshuis sal herstel word in die oorspronklike styl waarin dit gebou is.

Die Herald het verneem dat die Departement van Onderwys die herstel van die koshuis onderneem het. Intussen het die DA ’n versoek aan me. Wendy Matsimela, LUR vir onderwys in Noordwes gerig om ’n veiligheidsoudit van alle skole in die provinsie wat koshuise het, te doen.




