Hebron se Kersmark ‘n moet!
Hebron hou Saterdag 31 Oktober vanaf 08:00 hul Kersmark en beloof groot pret te wees en met baie lekker eetgoed!

Hebron hou Saterdag 31 Oktober vanaf 08:00 hul Kersmark en beloof groot pret te wees en met baie lekker eetgoed!
Om 08:00 begin ‘n bergfiets-wedren van 20/40km @ R50- p/p.
Om 08:30 is ‘n gratis 2,5km pretloop.
09:00 open die stalletjies.
09:30 Fietswedren prysuitdeling deur Bouwer Bosch
10:00 Sterk(plaas)man-kompetisie @ R20 p/p
11:00 Motiveringspraatjie deur Leandi du Rand
11:30 Hebron-inwoners optrede
Die kos beloof ‘n groot lekkerte: Vars wors, Biltong, worsboordjies, kerrie en rys, pannekoek, jaffels, koeksisters, vlasskywe, pepermint crisp-tert, skons, tunatert, koffie, tee, ystee, sap en vrugte-ysies.
Daar is lewendige musiek, wit olifant-tafel, teetuin, springkasteel, geskenkies, kettie-skiet, gebruikte klere, meubels, snuisterye en ‘n kinderhoekie.
Hebron is langs Manzini wildsplaas regs van die pad oppad na Vereeniging – GPS 26.674235, 27.241479. Kyk op hul Facebookblad of skakel 071 378 2659.
Die toegangsfooi is 1 blikkie kos!!



