SportSport

Pukke Top 30: Rekords waai by groot atletiekbyeenkoms

Die NWU Pukke Top 30 atletiekbyeenkoms het die afgelope naweek op die Puk se Kenneth McArthur-stadion plaasgevind, waar die land se top atlete talle rekords gebreek het. Die Top 30 atletiekbyeenkoms, die grootste een in sy soort in Suid-Afrika wat Höer Volkskool Potchefstroom aangebied het, het die atletiek-room van die land bymekaar gebring, wat bewys …

Die NWU Pukke Top 30 atletiekbyeenkoms het die afgelope naweek op die Puk se Kenneth McArthur-stadion plaasgevind, waar die land se top atlete talle rekords gebreek het.

Die Top 30 atletiekbyeenkoms, die grootste een in sy soort in Suid-Afrika wat Höer Volkskool Potchefstroom aangebied het, het die atletiek-room van die land bymekaar gebring, wat bewys het dat ons land ‘n blink atletiektoekoms het.

Helpmekaar-kollege is die algehele wenners in die spankompetisie, met Prestige Kollege tweede en Menlopark derde in die A-afdeling. Potchefstroom Gimnasium het die beste algehele plek van al die NW-skole behaal met 46 694 punte, gevolg deur KHS met 46 086 en Lichtenburg met 43 758 punte.

Volkskool het 41 242 punte behaal, Rustenburg 39 143 en Wesvalia 38 855.Potchefstroom se atlete het wel baie goed presteer, met ‘n klomp uitmuntende prestasies. Potchefstroom Boys High se Thando Dlodlo was een van die sterre en het twee rekords in die 100- en 200 meter vir seuns o.16 gebreek.

Dlodlo het twee blitsvinnige tye van 10.55 in die 100 meter en 21.35 in die 200 meter behaal. Dit is vinniger as die o.19 100 meter wenner, Paul Maluleke van KHS, wat sy teenstanders ook in die stof laat byt het met 10.69. Nog uitblinkers van Boys High was Tumelo Onkaetsi en Monjana Elisha in die seuns o.19 driesprong.

Boys High se 4×100 o.17 aflosspan het ook met ‘n vierde plek beïndruk. Volkskool se beste atlete was Stanislaw Hohowsky met ‘n eerste plek in die seuns o.16  2000m hindernisresies en Xanté van Heerden met ‘n tweede plek in die dogters o.17 spiesgooi.

Potchefstroom Gimnasium se Tanya van Deventer en Danica Kirsten het ook in die dogters o.19 hoogspring met   tweede en derde plekke gespog. Jana Steinman het ‘n eerste plek in die dogters diskus behaal.

Ander atlete buite Noordwes het ook vir talle skitterende oomblikke gesorg. Ruben Els (Affies) was een van die uitblinkers in die seuns o.15 100 en 200 meter en het rekords verbeter. Hoërskool Nelspruit se Stefan van der Bank het die seuns o.16 spiesgooi gewen en is een atleet om vir die toekoms dop te hou. Helpmekaar se Jason van Rooyen het ook sy naam in die rekordboeke met ‘n 16.61 meter-poging in die seuns o.19 gewigstoot geplaas.

Kyk die foto’s hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/4765/pukke-top-30-atletiekfees-in-beeld/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button