NewsNews

‘My kinders is baie hartseer’

“My kinders is baie hartseer. Die honde was hulle vriende.” So sê me. Elmarie Engles oor hul honde wat vergiftig is.

“My kinders is baie hartseer. Die honde was hulle vriende.”
So sê me. Elmarie Engles oor hul honde wat vergiftig is.

Karl Engles(6) hartseer na die dood van die gesin se honde
Karl Engles(6) hartseer na die dood van die gesin se honde

Maar daar is wel lig aan die einde van die tonnel vir die Engles-gesin. Dash, ’n staffie/worshond-kruising, is die enigste van hul drie honde wat dit oorleef het. Volgens Engles het hulle op 20 Oktober omstreeks 07:15 buite toe gegaan waar hulle vir Diesel, ’n labrador en Pepsi, ’n jack russel, dood aangetref het. Dash was besig om te braak. Elmarie het met haar na Bult Dierekliniek gejaag, waar sy aarvoeding gekry het.
“Ons is heeltemal platgeslaan, die honde was ons vriende,” sê sy.

Die honde wat vergiftig is. Net Dash het oorleef. Diesel en Pepsi is albei dood.
Die honde wat vergiftig is. Net Dash het oorleef. Diesel en Pepsi is albei dood.

Dash het vir sowat ‘n week aarvoeding gekry, voordat sy huis toe kon gaan. CB Security, Sharon Pyburn, die polisie en die DBV het almal baie gehelp,” het Engles gesê.
* Daar is onlangs in die Herald berig oor nege honde wat in die Miederpark-omgewing vergiftig is. Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, sê daar is nog geen inbrake gerapporteer waar honde vergiftig is nie. Hy waarsku egter steeds dat mense wie se honde vergiftig is, baie versigtig moet wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button