SportSportMotoring

Van Skoolbank na Sportveld: Robert de Villiers

Skool: Hoër Volkskool Ouderdom:15 Sport (span): Krieket – Volkies o.15, Noordwes o/15,Volkies T20 eerstespan Beste prestasies? Speel 5 jaar vanaf o.11 Noordwes krieket. Maak 162 lopies met die kolf en vat 7 vir 22 met die bal in hierdie seisoen Hoogtepunt van die jaar (seisoen)? Wen KES op Senwespark in die franchise finaal as lid …

Skool: Hoër Volkskool

Ouderdom:15

Sport (span): Krieket – Volkies o.15, Noordwes o/15,Volkies T20 eerstespan Beste prestasies? Speel 5 jaar vanaf o.11 Noordwes krieket. Maak 162 lopies met die kolf en vat 7 vir 22 met die bal in hierdie seisoen

Hoogtepunt van die jaar (seisoen)? Wen KES op Senwespark in die franchise finaal as lid van Volkies se eerstespan.Wen ook Rustenburg as lid van o.15 span en verower so die NW-titel

Hoe het jou passie vir krieket ontwikkel? Ek en my nefie het van kleintyd af tuinkrieket gespeel en vandat ek kon onthou, het ek dit altyd geniet om aktief buite te wees en met ’n bal te speel

Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? Behalwe vir krieket, is atletiek(langafstande) ook ’n groot passie en soms verg dit laat aande omdat goeie uitslae in akademie ook vir my belangrik is.

Lewenslesse wat jy uit sport geleer het? Harde werk sal altyd beloon word. Deursettingsvermoë en om ‘n wenner te kan wees moet mens ook kan verloor

Wat doen jy vir ontspanning? Definitief baie flieks kyk,veral op Vrydagmiddae voor belangrike wedstryde

Vyf items waarsonder jy nie kan lewe nie?

Krieketkolf, Bybel, goeie DVD, selfoon en hardloopskoene

Vyf mense wat jy nog sal wil ontmoet? Kevin Pietersen, Leonardo DiCaprio, Usain Bolt,Christopher Nolan en my droommeisie

Drie dinge wat jou irriteer? Mense wat te veel van hulself dink.Muskiete op ‘n warm someraand. ’n Krieketwedstryd wat volgens Duckworth Lewis beslis word.

Drie dinge wat jou gelukkig maak? My familie,lekker lang vakansies in die wildtuin en my bloedbroers in die o.15 Volkie span met die ongelooflike gees wat in ons span heers.

Koffie of Tee? Beslis koffie. <

Aksieflieks of komedie? Aksiefliek.

Dale Steyn of Morné Morkel? Dale Steyn

Eendagwedstryde of toetse? Toetse.

’n Ses om ’n finaal te wen of ’n vangkans op die grens om ’n finaal te wen? ’n Ses

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button