NewsNews

Brande, huis en kar bly in slag

Twee mans van Viljoenskroon wat inkopies by Riverwalk kom doen het, het dit nooit tot by hulle bestemming gemaak nie.

Twee mans van Viljoenskroon wat inkopies by Riverwalk kom doen het, het dit nooit tot by hulle bestemming gemaak nie.
Volgens die bestuurder van die voertuig het hy Donderdagmiddag ’n klein vlammetjie uit die voertuig se enjin sien kom, waarna hy van die pad getrek het.
“Ek het vulstasie toe gehardloop om water te kry, maar oppad terug het ek gesien dat die hele voertuig vlamgevat het.”
Die brandweer was vinnig op die toneel. Hoewel meeste van die voertuig in vlamme omhul was, kon die brandweer die brand onder beheer kry.

fire department_web
Daar word vermoed dat ’n kortsluiting die brand veroorsaak het, wat vinnig na die petroltenk versprei het. Nie een van die insittendes is ernstig beseer nie.
In nog ‘n voorval Vrydagoggend omstreeks 06:00 het ’n huis in Eleazerstraat vlamgevat. Die huis is leeg en bouvallig, niemand is ook in die brand beseer nie. Dit is nog onduidelik wat dié brand veroorsaak het, maar die nooddienste was op die toneel om die situasie te beheer. Die brandweer, verkeersdienste en polisie het goeie spanwerk op die toneel gewys.

 

DSC_0016_web DSC_0013_WEB

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button