
Die lyk van Bobby Motlatla, ’n 35-jarige musiekstudent aan die NWU, is met veelvuldige steekwonde in sy woonstel in Wilgenstraat gevind.
Sy lyk is verlede Dinsdagmiddag omstreeks 16:30 op sy bed gevind.
Volgens kapt. Mvula Chaka is Motlala op 6 November laas op kampus gesien.
Volgens hom was Motlatla, wat van Welkom af kom, se lyk reeds in ’n gevorderde stadium van ontbinding toe die polisie hom gevind het.
Dit is nog onduidelik wat die rede vir die moord was.
Volgens Chaka is daar nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.
Voices of South Africa Singing Competition, ’n sangkompetisie waaraan Motlatla deelgeneem het, het ’n video huldeblyk aan hom gemaak. Gaan kyk op die Potchefstroom Herald webtuiste na dié video by https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/video_of_the_day/bobby-motlatla-huldeblyk/



